18
Jul
08

‘Julle gaan voel hoe is seerkry’

Jul 17 2008 09:41:43:017PM  – (SA)
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2359508,00.html
André Damons

“Julle Suid-Afrikaners gaan nou voel hoe dit voel om seer te kry. Ons gaan julle doodmaak.”

Só het ’n groep mans, vermoedelik Kongolese, by die Glenanda-vlugtelingkamp in Johannesburg gister glo aan ses veiligheidswagte wat hulle as gyselaar gehou het, geskreeu.

Mnr. Theuns de Lange (38) van die Interactive Protection- veiligheidsmaatskappy, wat al die vlugtelingkampe in Johannesburg oppas, het gister buite die kamp, waar hy en vyf ander wagte aangehou is, vertel hoe hulle met die dood gedreig is.

“Die dreigemente het sterk gekom. Hulle het gesê hulle gaan ons almal doodmaak as die polisie kom. Dit was nie lekker nie want jy het nie geweet wat om te verwag nie,” het De Lange gesê. Die bende het ook glo probeer om ’n kollega se pistool af te vat.

De Lange is omstreeks 06:10 gisteroggend saam met dié kollega deur sowat sewe Kongolese in die kampe aangehou. Dié Kongolese, wat glo deel van ’n bende is, het die vorige aand ook De Lange se vier veiligheidsbeamptes as gyselaar geneem. Hulle was met messe gewapen. Die gyselaars is later met behulp van die polisie sonder beserings vrygelaat.

Daar is nog sowat 2 000 ontwortelde vlugtelinge in die kamp waarvan die Kongolese die grootste meerderheid uitmaak.

Volgens mnr. Nantes Ry?kaart, besturende direkteur van Interactive Protection, is die Kongolese bendegroep ’n groot probleem in dié kamp. Hy het ook dié kamp as die mees problematies beskryf.

“Die bendelede hou die ou mense uit die kostoue en wil later hê die mense moet vir die kos betaal. Hulle wil nie die veiligheidsbeamptes hier hê nie sodat hulle kan oorvat,” sê Rykaart.

Supt. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê tien mense is gearresteer nadat hulle glo die polisie met klippe bestook het toe hulle dié veiligheidswagte ná 09:00 wou gaan bevry. Die polisie het met rubberkoeëls op die mense losgebrand.

Die aangekeerdes sal na verwagting vandag op aanklagte van openbare geweld in die hof verskyn. Dlamini sê die moontlikheid dat hulle ook van menseroof aangekla kan word, word nog ondersoek.

Volgens ’n Malawiër, wat drie keer met rubberkoeëls getref is, het die polisie sonder rede op die mense begin skiet.

“Ek het probeer om die wagte te gaan help toe die polisie ons geskiet het,” sê die man. Hy is onder meer in die regterarm en linkersy en -boud gewond. Die polisie was teen gistermiddag laat nog op die toneel om seker te maak die situasie bly onder beheer.

Advertisements

0 Responses to “‘Julle gaan voel hoe is seerkry’”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: