21
Jun
08

SA rassewaansin peil nuwe dieptes

 

 

 

 

 

 

  

 

Source: http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2019&Itemid=403

Geskryf deur Anton Barnard    
Donderdag, 19 Junie 2008 
In ‘n verregaande beslissing wat aan die tragi-komiese grens, het die Grondwethof vandag beslis dat Sjinese “swart” is, en derhalwe mag voordeel trek uit die gewettigde plundery van ander se bates bekend as swart ekonomiese bemagtiging (SEB).
 
Laat ek hierdie belaglike beslissing in perspektief stel: mense wat dikwels nie gebore Suid-Afrikaners is nie, mense van gans en al ‘n ander kontinent, mense wat dikwels nie enige inheemse taal nie, maar slegs Kantonees of Mandaryns magtig is, gaan benewens gebore Suid-Afrikaanse Sjinese in die toekoms bo blankes bevoordeel word, want hulle is glo “swart”.
Gaan die Sjinese voor in die ry staan vir bemagtiging wanneer konsessies vir perlemoenontginning uitgedeel word?
Blankes wie se families dikwels reeds vir geslagte op die kontinent woon, se status as tweedeklasburgers is opnuut bevestig deur hierdie verregaande hofbeslissing. Blankes wat nog nooit enige swarte benadeel het nie, moet ook die onderspit delf ten gunste van die nuwe geelswartes. Blanke kinders wat sedert 1994 gebore is, wat nooit in hulle lewe voordeel getrek het uit enige rassewetgewing nie, ook die armblankes wat krepeer in die blanke plakkerskamp langs die Krugersdorpdam, boorlinge van Afrika, sal moet terugstaan vir moedertaalsprekers van Kantonees.

 

Kan ons verwag dat daar nuwe soorte rassekwalifikasies ingestel gaan word om ook die gebore Taiwanees as swart te beskryf? Gaan die ANC-bewind een of ander toets, naas die potloodtoets, bedink om te bepaal wie se oë Oosters genoeg trek om te kwalifiseer vir “swart” ekonomiese bemagtiging?

 

Dit is asof blankes in ‘n Kafka-stuk vasgekeer is, waarin die bewind se waansinnige rassisme hom noop om enige iemand as swart te kategoriseer, net solank hy nie ‘n gebore blanke Suid-Afrikaanse burger en veral nie ‘n Afrikaner is nie. Ek sou nie verbaas wees as blonde Swede met ligte gelaatstrekke tot ere-swartes verklaar sou word uit hoofde van die Skandinawiese lande se ruimskootse befondsing van die huidige bewind se terreurdade in die verlede nie.

 

Die vraag is hoe lank blankes hierdie onhoudbare situasie gaan verdra. Daar moet sekerlik ‘n punt kom wanneer ons gaan opstaan en weier om verder as tweedeklasburgers vertrap te word. Gaan die rassewaansin van die ANC-bewind die sade vir ‘n opstand onder Afrikaners plant, een wat heeltemal vermybaar was?
 

Advertisements

0 Responses to “SA rassewaansin peil nuwe dieptes”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: