11
Jun
08

Boewe ruk bejaarde se suurstofpype uit

Source: http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2338301,00.html

Jun 10 2008 09:23:37:383PM  – (SA)  

Gloria Edwards

’n Bejaarde man (71) in ’n rolstoel is eergister wreed deur twee tuiniers by sy huis in Boksburg-Noord aan die Oos-Rand aangerand, beroof en vir die dood gelaat nadat hulle selfs sy suurstofpype uitgeruk het.

Mnr. Jan Lategan, wat aan emfiseem ly en dus permanent suurstof benodig, is in sy rolstoel aangeval toe hy toerusting vir die tuiniers uit sy garage wou haal.

Volgens insp. Yolanda Meissenheimer, ondersoekbeampte in die saak, het die twee verdagtes Lategan só erg aangerand dat sy “gesig stukkend en sy liggaam oral potblou is”.

Sy moes haar trane sluk toe Lategan op die toneel vir haar vertel hoe sy aanvallers hom “erg verniel” het. “Ons het nie gedink hy gaan oorleef nie.”

Lategan het glo sy bewussyn verloor en op die badkamervloer wakker geword, waar sy hande en voete met kabels vasgemaak is. “Die aanvallers het ook sy suurstofpype uitgeruk en hom vir die dood gelos.”

Verskeie elektriese ware, juwele, klere en twee vuurwapens is uit die huis gesteel. Die tuiniers het glo in ’n khaki-kleurige Toyota-bakkie gevlug.

Lategan het ure later losgekom en mev. Mari de Beer, sy verloofde, geskakel. De Beer is woedend. “As ek hulle in die straat kry, ry ek sommer oor hulle,” sê sy.

Lategan was nog te swak om met die media te praat. Sake van poging tot moord en huisroof word ondersoek.

Een van die verdagtes, wat as “Robert” bekend is, is sowat 40 jaar oud, van medium lengte en het ’n bles kop. Enigiemand met inligting kan Meissenheimer bel by 0823773182.

Advertisements

0 Responses to “Boewe ruk bejaarde se suurstofpype uit”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: