10
Jun
08

Hulle ontlas in kerk

Een van die ablusieblokke se toilette wat onder plunderaars deurgeloop het.

Source: http://www.news24.com/Sondag/Nuus/0,,2192-2193_2336574,00.html

Natascha Jacobsz
‘Ons wil net dit wat ons voorvaders vir ons nagelaat het, vir ons kinders behou,” sê Nick Terreblanche, komiteelid by die Geloftefeesgronde in Heidelberg.

Hy en die res van die komitee sit met die hande in die hare nadat plunderaars dié 104 jaar oue erfenisterrein tot op die grond afgebreek het.

Nick en sy gesin is al vier jaar by die terrein betrokke en kom byna een keer per week na die terrein om dit saam met ander komiteelede met sy verskeie strukture in stand te hou.

Die gesin het egter einde Desember twee naweke nie by die terrein uitgekom nie en op 31 Desember is hulle met wat hulle bestempel as ’n “oorlogsveld” begroet.

In ’n kwessie van ’n bietjie meer as ’n week het plunderaars die historiese geboue, waaronder die ablusieblokke, kaal gestroop.

Niks is gelos nie met staaldeure wat met geweld uit hulle rame gebuig is om toegang tot die binnekamers te kry.

“Kyk hoe lyk dit. Hoe kan iemand so iets doen en dit aan ’n kerk?”

Die hoofkerkgebou wat in 1973 opgerig is, lyk of ’n orkaan dit getref het, so ook die nabye badkamergeriewe.

Die dakpanele is uitgeruk om die aluminiumstrokies wat dit bind te steel.

Elke stukkie yster en koper in die geboue is ook afgeruk en weggedra.

Diefstal was klaarblyklik nie al motief van die plunderaars nie.

In ware vandaalstyl is vuur gemaak en selfs op die kerk se vloer ontlas.

Al die ligte en gordynrelings in en om die vertrek is ook afgetrek.

“Die kansel is ook sommer net van die verhoog af gegooi,” sê Nick.

Kolle kerswas en sigaretstompies is oral in die kerk gevind, wat daarop dui dat die misdadigers lank daar besig was.

Die polisie in die gebied is maar traag om hand by te sit.

“Hulle het ons selfs gevra of dit nie dalk bobbejane was nie,” sê Nick se ontstelde vrou, Jeanette.

“Maar ek vra jou, wat wil bobbejane met kraankoppe en aluminiumstrokies doen?”

Naas staproetes word die gronde, wat in die hartjie van die Suikerbosrand-natuurreservaat is, reg deur die jaar vir skooluitstappies en gesinsaktiwiteite gebruik.

Die jaarlikse Gelofteviering word egter as die hoogtepunt beskou.

Nick sê: “Ons het een keer per jaar ’n enorme saamtrek in die gebied ter viering van Geloftedag op 16 Desember.

“Die kerk word dan vir ’n Geloftediens gebruik.

“Dit moet voortgesit word, maar kyk hoe lyk dit. Ons sal eers die skade moet herstel.

“Daar’s so min plekke wat nog vir Afrikaanse en godsdienstige tradisies beskikbaar is, so ons sal maar net weer opbou en aangaan.

“Ons moet net.”

Advertisements

0 Responses to “Hulle ontlas in kerk”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: