23
May
08

‘Egoli’-aktrise smeek om lewe

Source: Beeld, May 22 2008 10:43:45:000PM – (SA)

Philip de Bruin

Met ’n pistool teen haar kop het die aktrise Tamarin du Toit haar aanvallers gesmeek: “Moet my net nie doodskiet nie, asseblief.”

Sy is later aan haar hare uit haar motor gepluk, neergegooi en in die maag geskop.

Du Toit vertolk tans die rol van die vuurvreter Cat in die M-Net-sepie Egoli.

Die motorkaping het Dinsdagaand by ’n vriend van haar se huis in ’n veiligheidskompleks in Melville, Johannesburg, gebeur.

“Ek het by die interkom-paal stilgehou om te vra dat die hek oopgemaak word. My ruit was uiteraard afgedraai.

“Die volgende oomblik het ek net ’n hand by die venster gesien en is ’n pistool teen my kop gedruk. Die kaper het my gewaarsku dat hy my sal doodskiet as ek dit waag om te skreeu. Ek was vreesbevange en het hom net gesmeek om my asseblief nie dood te maak nie,” het Du Toit gister – die eerste keer dat sy sterk genoeg gevoel het om oor die voorval te praat – vertel.

“Hy het my deur oopgemaak en hy en sy makker het my met geweld en aan my hare uit my motor geruk en op die grond neergegooi. Een van hulle het my in die maag geskop. Ek was geweldig in skok.

“Hulle het in my motor geklim en weggejaag. Ek onthou nog dat ek besef het my handsak met my hele lewe daarin is nog in die motor en het geskreeu: ‘Gooi asseblief net my handsak uit’ – maar dit was vergeefs.

“Ek het nou geen selfoon nie, geen bankkaarte nie, geen ID-dokument nie – niks.”

Du Toit is toegelaat om eergister en gister uit te rus en tonele waarin sy in Egoli moes speel, is herskeduleer.

Dit is haar derde onaangename ervaring in die laaste jaar. Sy was onlangs in ’n ernstige motorongeluk en in Julie verlede jaar het prostitute haar by ’n kitsbank in Illovo aangeval – sy weet nou nog nie hoekom nie.

“Maar hulle sê mos third time lucky. Dalk was hierdie derde voorval nou my laaste.”

Advertisements

0 Responses to “‘Egoli’-aktrise smeek om lewe”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: