13
May
08

Voorste boer vermoor, vrou geskiet

Maryna van Wyk

Source: http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2320130,00.html
Mnr. Jacques Moll (64) van die plaas Stolberg naby Ficksburg is Vrydagaand deur plaasaanvallers doodgeskiet. Hy was ‘n stigterslid van Sentraoes en is landwyd bekend vir sy bydrae tot melkproduksie en die uitvoer van vrugte. (Foto: Volksblad)

Click here to find out more!

Bloemfontein

’n Vooraanstaande boer van Fickburg is Vrydagaand koelbloedig doodgeskiet ten tyde van sy sesde kleinkind se geboorte in Bethlehem.

Mnr. Jacques Moll (64) van die plaas Stolberg is in die bors geskiet en het op die toneel gesterf.

Terwyl die Moll-familie hul plaasopstal in ’n opgeruimde luim genader het, het die vyf moordenaars reeds in die huis geskuil.

Mev. Janine Moll (52) en drie van die egpaar se kleinkinders het eerste in die plaashuis ingestap en is oorval en vasgebind.

Twee skote is op mev. Moll geskiet wat haar rakelings in die gesig en die been getref het.

Haar man, wat landwyd bekend is vir sy Jersey-boerdery en betrokkenheid by die Ficksburgse Kersiefees, is geskiet toe hy die huis binnegegaan het.

Die egpaar se jongste seun, Xavier, is oorval nadat hy ingestap het. Hy het oor sy gewonde ma gekniel en begin bid toe ’n vuurwapen teen sy kop gedruk is.

Mev. Moll het gemaak of sy dood is nadat sy ook geskop is en die aanvallers op haar gespring het.

Die booswigte het geld en vuurwapens gesoek en in mnr. Moll se bakkie ge-vlug.

Hulle is langs die pad voorgekeer deur die Molls se buurman, mnr. Nic van den Berg, ’n voormalige bevelvoerder van 1 Valskermbataljon.

Hy het op ’n noodsein gereageer. Hy is drie keer getref toe daar op hom geskiet is.

Hy is na ’n Bloemfonteinse hospitaal gebring en sy toestand is stabiel.

Mnr. Thabo Olivier, ’n ANC-raadslid van Bloemfontein en neef van die oorledene, het gister aan Rapport gesê die aanval het voor die kinders van mnr. Jacques Moll jr. plaasgevind. Moll jr. was in Bethlehem by sy vrou terwyl sy hul dogtertjie in die wêreld gebring het.

Olivier sê mev. Moll is in ’n Bethlehemse hospitaal opgeneem. Haar toestand is stabiel en sy ly aan skok.

“Ons samelewing is siek omdat ’n studentevideo wêreldwyd opslae maak, maar moord en verkragting verswyg word. Dit is tyd dat alle misdadigers soos die vyand behandel word.”

Olivier sê Moll was gelief by sy plaaswerkers. Hy het reeds in 1982 vir hulle huise in Ficksburg gekoop.

Advertisements

0 Responses to “Voorste boer vermoor, vrou geskiet”



  1. Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: