Geskryf deur Henk van de Graaf
Dinsdag, 11 November 2008 14:27
TLU SA het weer eens sy ernstige kommer uitgespreek oor die verslegtende situasie op die platteland, na die laaste dae se aanvalle op plase.
In ‘n skrywe van die president van TLU SA, mnr. Ben Marais, aan die ANC-leier, mnr. Jacob Zuma, word gemeld dat gewelddadige misdaad in enige sektor van die samelewing onaanvaarbaar is, maar dat TLU SA die saak namens die boere en sy lede aanspreek.
Mnr. Zuma is ook in besit gestel van ‘n memorandum wat op 20 Mei vanjaar aan die destydse president Thabo Mbeki oorhandig is, waar die noodsaaklikheid om veiligheid op die platteland te verbeter, beklemtoon is., en waartydens sekere voorstelle in die verband gemaak is.
Mnr. Marais wys daarop dat ten spyte van voorleggings en ook gesprekke met die SAPD, daar voortdurend plaasaanvalle voorkom, waar mense gedood word en waar gesinne in sommige gevalle weerloos is. “Dié situasie het reeds daartoe bygedra dat daar toenemende gebrek aan vertroue is in die vermoë van die SAPD, en dat daar ‘n groeiende behoefte in sekere gemeenskappe ontstaan om die reg in eie hande te neem. Dit kan nie toegelaat word nie. Maar die erns van die situasie moet begryp word. Onbeteuelde misdaad kan nie straffeloos so voortgaan nie,” sê mnr. Marais.
Mnr. Marais het mnr. Zuma bedank vir die gesprek wat verlede week op Rustenburg kon plaasvind, en het gevra dat ‘n beloofde opvolggesprek, baie dringend sal plaasvind.
Search
Blogroll
Recent Entries
- President, ons is bang, sê kinders
- Gemeenskappe dreig om reg in eie hande te neem
- One-third of 3m white Afrikaners destitute in land of their birth
- ‘My hart is flenters’
- Breyten kasty SA as land van wanhoop in ope brief aan Mandela
- SACP FUEL VIOLENCE AGAINST FARMERS
- Couple tortured
- Anti-blanke uitsprake kommerwekkend
- Anti-blanke atmosfeer by Vrystaatse verhoor oor Skerpioene
- Brother: I couldn’t go to see his body
0 Responses to “Gemeenskappe dreig om reg in eie hande te neem”